Municipal

Mangat oop in pad

In 'n poging om motoriste te probeer waarsku, het 'n inwoner 'n paal met 'n rooi sakkie daaraan in 'n oop mangat gesit.

Die Observer is Dinsdagoggend deur inwoners van Gifillanstraat gewys waar diewe ‘n mangat se staal/betondeksel gesteel en net so gelaat het.

Dit het groot gevaar ingehou, aangesien dit op die draai is waar Jeppestraat op die 90 grade draai in Gilfillanstraat verander.

Net ‘n entjie verder is die metaal raamwerk van ‘n stormwater vangput ook verwyder.

Dit is dadelik onder mnr. Rudolf Bouwer (Adjunk direkteur, siviele ingenieursdienste) se aandag gebring.

Hy het gesê dat “diewe nou enigiets steel wat metaal bevat! Onthou amptenare van die Steve Tshwete Munisipaliteit patrolleer nie die dorp nie. As die publiek en media dit nie onder ons aandag bring nie, sal ons dit nie weet nie!”

Mnr. Bouwer sê hulle kan nie voorbly om gesteelde infrastruktuur te vervang nie. “Dit kos die belastingbetaler geld!”

• Mnr. Anthony Harmse (lid van die Zello 911 groep, asook ‘n werknemer van Hawk sekuriteit) het genoem dat hulle die diewe wat die metaal raamwerk by die stormwater vangput gesteel het, gesien het. Die twee verdagtes het egter oor ‘n sloot gespring en die bos in verdwyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button