News

Opvolg: Da Silva begrafnis

Die verbrande voertuig wat in eMalahleni gevind is, ure na sakeman Tony da Silva se moord, is positief uitgeken.

Mnr. Da Silva is Woensdagaand doodgeskiet terwyl hy, in sy voertuig, by ’n verkeerslig stilgestaan het. Rowers het hom uit die voertuig gepluk en daarmee weggejaag.

’n Voertuig wat heeltemal uitgebrand is, is Donderdagoggend in eMalahleni gevind. Dit is intussen positief uitgeken as die Nissan NP200 waarin mnr. Da Silva gery het.

Die uitgebrande voertuig sluit die moontlikheid dat mnr. Da Silva sy lewe as gevolg van ’n motorkaping verloor het, heeltmal uit.

Daar is tot op hede nog geen arrestasies gemaak nie.

Intussen maak mnr. Da Silva se familie reg om sy liggaam ter ruste te lê.

•Mnr. Da Silva sal Dinsdag 1 Julie om 11:00 vanuit die NG Kerk in Kanonkop (op die hoek van Loerie- en Seringstraat) begrawe word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button