News

Vyf vriende het al gesterf

"Jy's soos 'n robot, al waaraan jy dink is jouself en jou volgende fix, jy worry niks oor niemand nie, jy eet nie, jy bad nie, jy gee net nie om nie, jy steel, jy lieg en bedrieg oral waar jy kom, jy raak aggressief en manipulerend, jy soek jou fix en jy sal enige iets doen.

Selfs ‘n onskuldige vrou met ‘n shifting oor die kop wetter en haar roof,” sê ‘n blondekop meisie met seegroen oë.

Haar naam is Monique Germishuizen.

Op die rug van die draak met ‘n shifting in die hand, het sy geroof en geplunder soos ‘n Viking van ouds.

Tipies van ‘n jong tiener, het sy presies gedoen wat diegene in die “know-how” vir haar gesê het om nié te doen nie.

Monique praat prontuit oor haar verslawing en dit wat met jou “sal” gebeur.

Soos jy hier sit en lees, sê Monique, is daar talle wat dink, “ag shame sy kon nie haar drugs handle nie, maar ek kan, ek sal dit verantwoordelik gebruik”.

“Almal begin verantwoordelik bietjies-bietjies, ‘n dagga dampie hier en daar, ‘n pilletjie of twee dié kant, en ‘n acid of twee daai kant, want wat is ‘n klub of house party met laser shows nou sonder ‘n Red Heart trip?”.

Maar dan raak dit vervelig en volgende kom die Cat – “n ding wat laf raak en rondspring in jou, soos op ‘n warm sinkplaat”.

Soos enige troeteldier soek dié Cat al meer van jou aandag, jou tyd, jou geld.

Monique Germishuizen op heroïen.
Monique Germishuizen op heroïen.

“Die afkomslag is hectic!” sê sy, “dan kom die raad van jou bra’s en die lyne Coke word voor jou getrek vir daai beter vibe”.

“Hier moet jy klaar weet, jy’s lankal al besig om toktokkie te speel op die duiwel se stoep,” sê Monique.

Maar, die drang na nog beter, dié beste, knaag soos daai Cat aan die Catnip.

“Getrou aan die natuur van die partytjie dier wat jy nou is, versuip jy jouself naweek in en uit, want dis awesomeness om in te wees, klap net ‘n paar lyne dan’s jy weer nugter en reg vir die volgende jol”.

Maar daar het dit ook nie laat staan vir Monique nie.

Sy’s voorgestel aan Crack kokaïen, oftewel Rocks, soos die junkies dit noem, en Monique was trashed, pure junkie op junk en skunk.

“Dis hier waar jy die duiwel se donderende voetvalle van die trappe af hoor, hy kom vir jou oopmaak!”.

Sy sê Rocks is naas heroïen die verslawendste dwelm wat sy nog gebruik het, en sy’s deur die hele spektrum van tandjiepoeier tot die regte Poppy pret.

Monique was al so desperaat vir ‘n stukkie Rock, dat sy op die mat in die kamer, wat sy met 20 Nigeriërs gedeel het, handeviervoet sou rondkruip, met haar neus op die urinedeurdrenkte mat – “jy mis niks op die mat nie!”

Stukkie in die hand, laai sy hom met spoed op haar pypie, net om uit te vind dis ‘n stuk klipharde brood, dis die mees aanvaarbare opsie waaraan sy kan dink, want  was dit nie.

Monique Germishuizen op heroïen.
Monique Germishuizen voor heroïen.

Kort na die Rocks kom heroïen, dis hoe die draak met Monique sou werk.

Sy slaan die foto-album oop, “die sere om my mond en in my gesig is van ‘n vuil housepipe wat ek met nog vuiler mense gedeel het,” verduidelik sy jou skok weg.

“Die blou oog het ek gekry in ‘n fight vir ‘n heroïen fix,” brei sy uit oor die tyd wat sy rondgeswerf het op straat, as geraamte van 35kg.

“Ek het begin spuit vir die dood, die duiwel se deur was vir my oop.”

Lees ander stories hier:

No ‘Mercedes’ in Middelburg

Video: A mother’s sin

Nyaope and crime walk hand in hand

Die Here was haar egter genadig, sy weet dit en sê dit, sy glo sodat sy haar stories kan deel.

“Ek wil nie deel wees van die statistiek nie, maar dis bewys, net twee persent van heroïnslawe kan dit -los en skoon bly.

“Net vir die rekord, ek het al vyf vriende die laaste vier maande sien sak in die graf,” tref sy weer.

Maar Monique is nou skoon.

Sonder glasuursel of fluisterings van sweet nothings waarsku sy: “As jy vandag, of whenever daaraan dink om cool te wees en ‘n zolletjie te rook, of ‘n E te pop, of ‘n acid te drop, dink weer, dis net die begin van ‘n lang-ellendige stryd, wat jou in niemandsland sal vergeet, en uiteindelik jou lewe sal neem”.

Opvolg: Inspirerende verhaal gryp wêreld aan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button