NewsUpdate

Opvolg: Poligrafis praat…

"Al wat ek kan onthou is hoe hy die sneller trek en die doppie uit die pistool uit skiet. Dit speel oor en oor in my kop af."

Die poligrafis wat Woensdag eerstehands gesien het hoe ‘n vrou koelbloedig deur haar werkskollega vermoor word, sê dit is ‘n prentjie wat nie wil weg gaan nie.

Corne Botha (30) is Woensdag na die BP diesel depot in Belfast om drie van hul werknemers te toets nadat daar dieseldiefstal ontbloot is. Oscar Ndlovu was haar eerste onderhoud vir die dag. Haar apparaat het gewys dat Oscar nie eerlik is nie en mev. Botha het dit so vir hom gesê.

Hy het toe aan haar erken dat hy die diesel gesteel het. Hy het aan haar gevra “Can I go urniate?” en beloof om presies vir haar te wys hoe hy die diesel gesteel het met sy terugkeer.

Hy het vir Cindy Swanepoel (36) en nog ‘n kollega, wat op daardie stadium in ‘n ander kantoor was, gevra vir Junie se kwitansie boeke. Mev. Swanepoel en haar kollega het na die agterste kantoor geloop, waar die poligraaftoets gedoen was, om na die boek, wat saam met ander in bokse verpak was, te soek.

Terwyl hulle besig was om die boeke uit te pak, het mnr. Ndlovu terug in gekom maar amper dadelik weer uitgestap.

Mev. Swanepoel se kollega het daarna uit die kantoor gestap. Sy het agter gebly en aanhou soek na die spesifieke boek. Mnr. Ndlovu het vir die tweede maal teruggekom en saam met mev. Botha en mev. Swanepoel om die tafel gaan staan.

“Ek het ophou lees in my boek want ek het besef ek het September se boek beet. Toe ek opkyk sien ek hoe hy sy arm lig en dat daar ‘n pistool in sy hand was. My brein wou nie sinmaak van wat aangaan nie. Ek het nie besef wat gaan gebeur nie.”

Mev. Botha sê dat hy die pistool naby mev. Swanepoel se kop gehou het, terwyl sy besig was om in die boek voor haar te lees. Sy was glad nie bewus van die vuurwapen nie.

“Dit het gevoel of hy ‘n paar sekondes huiwer, en toe trek hy die sneller.”

Wat vir mev. Botha soos ‘n ewigheid gevoel het, het in ‘n oogwink gebeur. Sy het gegil en in die rigting van die deur na buite, in die voorste kantoor begin hardloop. Sy het die heeltyd verwag om nog ‘n skoot te hoor.

“Ek was seker dat hy my in die verbygaan of van agter gaan skiet.”

Die ander werkers het onder die kantoor se tafels weggekruip.

IMG-20151028-WA0000

Buite het mev. Botha ‘n man teëgekom en hom gevra om die polisie te bel. Die ander vrouens wat in die kantoor was het by die deur uitgestorm en hulle het kort daarna nog ‘n skoot gehoor.

“Ons het gedink dat hy op ons skiet. Ons almal het saam met die oom in die bakkie geklim en toe na die polisiestasie gery.”

Mnr. Ndlovu het aan iemand gesê dat hy ‘n “hond” in die kantoor geskiet het.

Mev. Botha sê dat sy twyfel of sy ooit weer ‘n poligraaftoets sal doen.

“Dit was ‘n aaklige ding om te beleef. Niemand was lelik met hom nie. Cindy het hom tot ‘Oscartjie’ genoem.”

Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof.
Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof.

Ek kan nie glo hy het haar lewe gevat oor simpel dieseldiefstal nie. Dit is so onnodig. Maar ek het gisteraand vir hom ook gebid.

• Mev. Swanepoel se sussie, Melanie du Plooy, sê dat dit die familie swaar getref het. Hulle was teen Donderdag besig met begrafnisreëlings. Dit sal heel moontlik volgende Vrydag in Belfast, plaasvind. Enige iemand wat met die familie in aanraking wil kom kan die Middelburg Obsever bel by (013) 243 1434.

• Mev. Swanepoel was die ma van twee seuns, Ricardo (11) en Zain (10). Sy laat haar man Martin, sussie Melanie en broer Pieter du Plooy, asook haar skoonpa, Koos Swanepoel, skoonsussie, Mariza en haar man Karel Cronje, agter.

Die seuns sal by hul pa en oupa bly.

• Ndlovu verskyn vandag (Vrydag) in die hof in Belfast. Hy word van moord, poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie aangekla. Die staat staan borg teë. Daar word verneem dat die gemeenskap beplan om voor die hof te betoog teen die moord.

Opvolg: Vermeende moordenaar stil – stil in hof

Nuusflits: Vrou doodgeskiet

Opvolg: Jong ma ‘tereggestel’

Meer navrae na vuurwapens

Update: Woman killed execution style

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button