NewsUpdate

Opvolg: Die dokter, die man en die hofsake

Die man wat gearresteer is omdat hy twee keer 'n beskermingsbevel geïgnoreer het, was Woensdag vlugtig in die hof.

Die saak teen Liam Niemandt is uitgestel omdat die ondersoekbeampte nie by die hof was nie.

Niemandt bly in aanhouding tot Vrydag vir formele borgaansoek. Daar is sprake dat nog klagtes dan bygevoeg kan word.

Niemandt is twee weke gelede gearresteer, nadat hy na bewering twee keer ‘n beskermingsbevel van sy eksvrou, Chantal, geïgnoreer het.

• Hy het dieselfde dag ‘n klagte van aanranding teen dr. Alan Kok aanhangig gemaak en die dokter het ook in die hof verskyn. Borg van R500 is aan hom toegestaan. Dr. Kok was Woensdag ook vlugtig in die hof op dié klagte.

• Niemandt en Kok was in Januarie vanjaar in die nuus nadat daar ‘n onderonsie tussen die twee uitgebreek het oor ‘n beweerde verhouding tussen mnr. Niemandt se vrou en dr. Kok. Dr. Kok is hiertydens deur Niemandt met ‘n mes gesteek. Die Niemandts is intussen geskei.

• Beide dr. Kok en me. Niemandt het verlede week gesê dat mnr. Niemandt hulle die afgelope paar maande geteister het en het hom as “gevaarlik” beskryf.

Me. Niemandt het ook aangedui dat sy vir haar lewe vrees.

Lees meer hier:

Dr. Kok en messteker sage duur voort

Opvolg: Interdik teen dr. Kok

Opvolg: Dokter Kok drama duur voort

Opvolg: Dokter begin geveg

Dokter het al met gereg gebots

Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter

Opvolg: Dr. Kok uit kamers geskop

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button