Opvolg: Ontmande man se suster praat
Die man wat Maandagaand selfmoord probeer pleeg het by Kranspoort Vakansiedorp deur sy penis af te sny, se suster voel mense is “onsensitief”.
“Dit is ons persoonlike lewe! Ons het seer soos dit is. Hoe meer vure ons doodslaan, hoe erger raak dit. Die sensasie is vir mense groter as ons gevoelens.
Hoe kan hulle kommentaar lewer as julle nie weet wat aangaan nie?” het sy uitgevaar. (Sy en haar broer se name word om menslikheidsredes weerhou).
“My broer het ’n baie moeilike lewe gehad, maar net hy sal weet hoekom hy dit gedoen het.”
• Die 37-jarige man het in die bad geklim, sy geslagsorgane heeltemal afgesny en dit op die rand van die bad neergesit.
Hy het ’n rukkie later tot sy sinne gekom, ’n veiligheidswag geroep, waarop die wag sy ma laat kom het.
Met paramedici se aankoms op die toneel, is gevind dat hy ook sy maag en been met ’n mes oopgekloof het.
Hulle het die afgesnyde penis en skrotum nog langs hom op die bad se rand gekry.
Hy is afgevoer na die Groblersdal Hospitaal vir behandeling.
•Daar is verneem dat die jong sakeman voorheen ook probeer selfmooord pleeg het.
•Die Amerikaner, Johan Wayne Bobbitt, het in 1993 bekend geword toe sy vrou, Lorena, sy penis afgesny het met ’n mes.
Lees meer hier:
(Waarskuwing) Grafiese inhoud: Man sny penis af met skerp mes
(Warning) Graphic Content: Man severs penis, scrotum, in suicide attempt
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
