News

Skermsweefvlieër val in Himalajas

Springbok skermsweefvlieër Chris van Noord het tydens die skermsweef wêreldkampioenskappe 20m ver in die Himalajas berge geval.

Van Noord ag homself gelukkig dat hy die val oorleef het en nie ernstiger beserings opgedoen het nie.

Hy het op 31 Oktober aan die tweede laaste dag van die Paragliding World Cup in Bir Billing in die Himalajas (Indië) deelgeneem.

Hulle was nog tussen die berge, toe sy valskerm sowat 20m bokant die grond skielik toemaak. “’n Mens probeer maar die beste van ’n slegte saak maak en ek het my gereed gemaak vir impak.” Van Noord het die sowat 60 grade skuinste van die berg getref.

“Gelukkig is daar sowat 150 deelnemers in die kompetisie en tussen 40 en 50 ander deelnemers het gesien wat gebeur. Ek was binne 48 minute in die helikopter en oppad hospitaal toe.”

Met sy aankoms by die Fortis Memorial Hospitaal in Delhi het dokters gevind dat hy sy L2 rugwerwel gebreek het.

’n Operasie is gedoen waartydens die ballon kifoplastie tegniek uitgevoer is. Tydens die operasie word ’n ballon deur ’n naald tot in die ruggraat gedruk en opgeblaas. Dit word later uitgehaal en die holte daarvan met beensement gevul, wat dadelik die fraktuur herstel.

Van Noord het Vrydag, slegs ’n week na die ongeluk, teruggevlieg na Suid-Afrika. “Daar is nie meer probleme met die fraktuur nie, maar ek het nog probleme met my spiere.”

Hy het ’n bed gevat werk toe, “waar ek lê vir ’n uur en dan werk vir ’n uur.” Hy glo hy sal binne vier weke weer in die lug kan wees.

• Die ballon-Kifoplastie tegniek word gewoonlik gebruik vir osteoporose lyers om soepelheid te verbeter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button