News

(Waarskuwing) Grafiese Inhoud: Is dit Krokodil wat so byt?

Skokkende foto's van 'n Middelburg dwelmverslaafde se toestand het vrese laat opvlam dat die dwelm Krokodil, Suid-Afrikaanse oewers bereik het.

Die foto’s is na die Middelburg Observer gestuur op voorwaarde dat die verslaafde se naam anoniem gehou word.

Krokodil, afgelei van die skubagtige sere wat verslaafdes opdoen, is vir die eerste keer onder die wêreld se aandag gebring toe Time Magazine in 2013 ‘n artikel daaroor gepubliseer het.

Dit het sy naam gekry omdat gebruikers se vleis skubagtig en “vrot” word. Die dwelm het sy ontstaan in Rusland gehad waar dokters daarvan bewus geword het in 2003 toe dwelmgebruikers met snaakse skubagtige wonde begin opduik het.

Krokodil, wat gemaak word deur kodeïen in verskeie kragtige chemikalieë op te los, vreet letterlik die weefsel waar dit ingespuit word. Baie keer is die vrot sigbaar soos wat die dwelm in die aar afgevloei het.

Die gemiddelde lewensverwagting van ‘n Krokodilverslaafde is twee tot drie jaar.

Internet kenners soos www.drugs.com meen dat Krokodil se gewildheid gegroei het toe Afgaanse opium plante ‘n swam opgedoen het in 2010 wat opium produksie met bykans die helfte geknou het.

Dit het heroïen gebruikers in Eurasie na goedkoper opsies soos oor-die-toonbank medikasie gedwing.

Kodeïen, ‘n pynmiddel wat algemeen voorkom in verskeie hoesstrope en pynpille, word met oplosmiddels soos brandstof, verfverdunner, jodium en rooi fosfor wat van vuurhoutjies verkry word, gekook.

Dit word dan soos heroïen ingespuit. Die proses om dit te maak is egter baie ingewikkeld en daar is geen ruimte vir foute nie. As jy dit nie presies reg doen nie, is onmiddellike dood jou voorland.

Dwelmkenner Quintin van Kerken van The Anti Drug Alliance of South Africa is skepties oor die teenwoordigheid van Krokodil op eie bodem.

Hy sê dat die foto’s van die dwelmgebruiker laas week aan hom gestuur is.

Mnr. Van Kerken sê dat daar kort-kort gerugte van die teenwoordigheid van Krokodil in Suid-Afrika sy ore bereik.

“Ons volg elke liewe verdagte voorval op. Tot op hede kon ons nog geen bewyse kry dat dit Krokodil is nie.”

In sy soektog het mnr. Van Kerken al by die St. Petersburg Staats Universiteit in Rusland asook die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg gaan aanklop.

Talle foto’s van Krokodil gebruikers is aan hom gestuur om met plaaslike gevalle te vergelyk.

Die sere op 'n Middelburg dwelmgebruiker se arms is so erg dat dit vrese dat sy Krokodil gebruik het, laat opvlam het.
Die sere op ‘n Middelburg dwelmgebruiker se arms is so erg dat dit vrese dat sy Krokodil gebruik het, laat opvlam het.

Nie een Suid-Afrikaanse voorval kon positief verbind word nie.

Die foto’s van die Middelburg dwelmverslaafde is ook aan ‘n groep mediese kenners gewys.

Almal is dit eens dat dit ‘n tipe vleisvretende bakteriële infeksie is wat moontlik deur vuil naalde veroorsaak is.

Dit is ook nie ongewoon vir heroïenverslaafdes om deur rotte gebyt te word en dan ernstige infeksies op te doen nie.

“As dit die geval was, as sy op Krokodil was, dan sou daar bitter vinnig nog voorvalle gewees het. Verslaafdes beweeg in groepe. Maar dat sy baie ernstig siek is, is duidelik.”

Mense met meer inligting of navrae kan mnr. Van Kerken kontak deur na The Anti Drug Alliance of South Africa se webblad www.antidrugalliance.com te gaan.

• Lewer kommentaar: Sê jou sê deur die kodewoord ‘Dwelms’ gevolg deur jou boodskap te stuur na 37940. (Sms kos R1,50).

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button