NewsUpdate

Opvolg: ‘Laat weet of jy veilig is’

Twee gesinne wag steeds angstig dat hul tienerdogters moet terugkom huistoe, maar teen Woensdag was daar nog geen teken van die twee leerlinge van Hoërskool Kanonkop wat verdwyn het nie.

Clarissa Opperman (16) en Adri Groenewald (15) het Maandag verdwyn nadat hulle vir hul ouers gesê het dat hulle skool toe gaan.

Daar is later vasgestel dat hulle hul skoolboeke uit hul tasse gegooi en dat klere in hul skooltasse gepak is om mee weg te loop.

Adri se tannie, Ansie du Plessis, het dié boodskap wat sy hoop dat die dogter sal raaksien: “Adri, ouma-hulle en ons almal is baie lief vir jou. Kom huis toe asseblief. Ons wag vir jou. Laat weet asseblief of jy veilig is. Ek is baie lief vir jou!”

Enige persoon met inligting oor waar die dogters hulle bevind, kan me. Opperman bel by 079 484 8984 of stuur vir haar ’n WhatsApp na 072 406 6594 of me. Poppie Groenewald by 013 245 1471 of 073 257 2647.

Clarissa Opperman.
Clarissa Opperman.

Lees die vorige berig oor die verdwyning van die twee dogters van Hoërskool Kanonkop hier. 

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Kinders steeds nie gevind

Opvolg: Meisies steeds weg

Hoërskool Kanonkop

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button