Opvolg: Dogters met taxi na Pretoria
Die twee tienerdogters wat Maandag verdwyn het, het tot in Pretoria met ’n taxi gependel.
Clarissa Opperman (16) en Adri Groenewald (15) het vanaf hul ouerhuise weggeloop met net R180 in hul besit.
Daarna het hulle ’n taxi gehaal (by die taxihalte aan die agterkant van die OK Sentrum in die Middedorp) na Pretoria.
’n Vrou wat haar oor die kinders ontferm het, het hulle Woensdagaand oortuig om hul ouers te bel, waarna die ouers hulle in die stad gaan haal het.
Die ouers wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal wat help soek het, hulle ondersteun en vir hulle gebid het van harte te bedank.

Besondere dank gaan aan Jacques Bekker (voorsitter, Kanonkop/Dennesig/Middedorp radiogroep) wat al die sektore en ander radiogroepe in kennis gestel het van hul verdwyning en ook dag en nag self na hulle gesoek het.
“Hulle was honger en moeg, maar ons kinders is veilig!” is gesê.
Lees die vorige berig oor die verdwyning van die twee dogters van Hoërskool Kanonkop hier.
Lees vorige stories hier:
Opvolg: Kinders steeds nie gevind
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
