Editor's noteNews

My Beurt: Tobie van den Bergh

Dit was 1982. In die raadsaal het Pikkie Coetzee, Piet Bezuidenhout, Es Esterhuizen, Johan Strydom en die ander vadere van die dorp gesit.

Die raadsaal was oorkant Van Blerkplein, deesdae is dit Town Square. Dit was die eerste raadsvergadering.

Hulle het jou gekyk.

Daai kyk.

Daardie week kla twee ou (oud) joernaliste by die koerant se eienaar, John Frewin: “Te jonk om redakteur te wees, die gemeenskap aanvaar hom nie”.

Die enigste oplossing om ouer te lyk was om baard te groei.

Buffelsfontein Baardolie se nagmerrie, daar groei so liederlike rooi baard uit.

Skryf tot in vir ‘n baardkompetisie op Groblersdal.

Staan saam met wyle Baden Hammond tussen al die ander baardbekke.

Langs ons is ‘n man van Viljoenskroon.

Dink nogal “daai baard kan ek beat”.

Toe trek hy knippies uit en rol sy baard af, en af…

Die skare het asem opgehou.

Die laaste rol het net onder sy naeltjie geëindig.

Lengte tel – hy wen loshande.

Stap tien jaar later in Markstraat af.

Dit is net so voor vyf.

Besluit hierdie baard moet af en hy moet nou af.

Hardloop met ‘n stink spoed na Ems Reynierse se Elite manshaarkapper en sê: “Skeer af!”.

By die huis wil die hond jou byt en die kinders staar met verbasing.

Nou is dit dertig jaar later (plus).

Bel Willie Dique van Laerskool Middelburg een laat Saterdagaand: “Ons daag jou uit om jou baard te laat groei”.

En daar verskyn ‘n grysbaard.

Loop jy in die Mall vat mense aan hulle gesigte.

Een ou vra: “Het jy al daai skelm gevang?”. Vra nogal nuuskierig: “Watter skelm?” “Daai een wat jou skeermes gesteel het”.

En jy hoor gereeld: “En daai baard?”.

Elke dag moet jy verduidelik: “Dit is Laerskool Middelburg se…”. Nog net drie weke.

Nooit weer nie!

(Netnou kla iemand jy is te oud).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button