News
160 mm gereën binne minute – pasop vir fratsvloede!
’n Middelburg Hondemeester was vir ’n geruime tyd op ’n plaas buite Badplaas vasgekeer in ’n fratsvloed nadat dit binne minute 160 mm in die Badplaas omgewing gereën het.

Adj. Koos Nel het ’n klagte op ’n plaas gaan bywoon. Hy kon egter nie uitkom nie, aangesien ’n spruit sy walle oorstroom het weens die wolkbreuk in die area.
Nadat die water afgeloop het, kon adj. Nel weer deurry.
• Die polisie en al die beskermingsdienste waarsku almal om versigtig te wees met hierdie fratsvloede tydens wolkbreuke “aangesien mense in die water ingaan en dan verdrink.”
Lees ander nuus hier:
Motorist confronts bike thieves
Foto’s: Inloop uit lug gesien!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
