NewsBreaking News

Nuusflits: Kon nie lyk tussen krokodille kry nie

Krokodille en seekoeie in die Krokodilrivier het vanoggend gekeer dat lede van die Middelburg Honde-eenheid, Middelburg Berede-eenheid en polisieduikers ’n lyk kon opspoor.

Die groepe is al vanoggend kort na sonop uit Middelburg weg om na die lyk te gaan soek op die Rivulet-grondpad vanaf die N4 (Schoemanskloof) tussen Ngodwana en Nelspruit.

Hulle is met ’n boot oor na die oorkantste wal vanwaar die lyk die laaste keer gesien is. Die hele area is gefynkam van die wal af, maar hulle kon niks kry nie.

Die duikers kon nie in die rivier ingaan nie, want oral was daar krokodille en seekoeie in die water.

Sers. Leon Harrington en sy hond Tara, asook adj. Johan Smit met Ava, het ook die bergagtige gebied en langs die rivier gesoek af, maar het niks gekry nie.

Daar word bespiegel dat krokodille moontlik die lyk opgevreet of dat die oorskot moontlik verder af in die rivier meegesleur is.

• Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.

Lees ander nuus hier:

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button