Video: Dam begin styg!
Daar is water wat in die Klein Olifantsrivier afkom en die Middelburgdam begin effens styg!
Damopsigter Neels Struwig het pas bevestig dat die dam vanaf gister se 44.9% ’n bietjie gestyg het na 45.3%! Hy het gemeld dat dit 74 mm die afgelope drie dae by die dam gereën het.
• Verskeie mense het laat weet dat daar water vanaf die rivier in die dam inloop vanoggend.
Inwoners van Hendrina, ons opvanggebied, sê dat dit vanaf Maandag tot nou al al 70 mm daar gereën het en dat dit beslis die verandering in die rivier veroorsaak.
In ons eie dorp het baie reënmeters oorgeloop, wat beteken dat dit al meer as 100 mm in sekere areas gereën het die afgelope drie dae!
Lees ander nuus hier:
“Don’t be afraid my darling…” – The horror of a farm attack
Vrou in koma na Dullstroom aanval
Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld”
