
Die vlak is vanoggend 57.84%.
Damopsigter Neels Struwig het bevestig dat daar steeds ’n inloop is en dat die dam nog heelwat kan styg.
Hy sê die hoop is dat die dam ten minste 70% sal wees voor die Winter in Meimaand kom.
“Ons hoop dat daar daar nóg reën in Maart en April sal val!”
Op die vraag hoekom die Witbankdam so skielik vol geword het die afgelope tyd, maar nie die Middelburgdam nie, is gesê dat eMalahleni ’n baie groter opvanggebied het. Witbankdam word gevoer vanaf Ermelo, Secunda en Bethal.
Die Middelburgdam kry sy water slegs vanaf Hendrina.
• Daar is tans 27.829 miljoen kubieke meter water in die dam. As hy vol is, staan hy op 47 miljoen kubieke meter water.
Lees ander nuus hier:
Dullstroom: Marchlands attack suspects in court
Update: No bail for farm murder accused
