NewsUpdate

Swartste maand ooit

In seker een van die ergste maande ooit, naamlik Februarie 2017, word die meeste aanvalle en moorde aangeteken vir die spesifieke maand.

Volgens TLU SA se amptelike statistiek oor aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes, is die statistiek as volg:

Aanvalle – 45

Moorde – 17

Lees stories hier:

Vrou in koma na Dullstroom aanval

Plaasaanval bakkie gevind

Die totaal vir 2017:

Aanvalle – 71

Moorde – 21

Lees nog stories hier:

Flowers for Sue – Dullstroom community in mourning

“Don’t be afraid my darling…” – The horror of a farm attack

Update: Dullstroom farm attack victim dies in hospital

“Hierdie statistiek is skokkend,” sê die TLU.

“TLU SA spreek hiermee sy innige simpatie uit aan die families wat aangeval is en familielede verloor het. Ook ons dank aan die SAPD en almal betrokke met die ondersoek en arrestasies van verdagtes in sekere gevalle.

“Daar sal nou verseker dringende aksies moet kom, van Regering en SAPD se kant. Julle planne werk nie meer nie!

“Aan boere op grondvlak, moenie van jouself ’n slagoffer maak nie. Skerp paraatheid op. Dra jou vuurwapen en weet hoe dit werk. As jy een het en dit lê in die kluis, verkoop dit asseblief.

Skakel in by plaas- en buurtwagte. Raak betrokke by veiligheids inisiatiewe, ongeag watter organisasie dit is.

Bid elke dag vir die hand van beskerming van die Here en word deel van verootmoedigings geleenthede soos waar dit gereël word.”

Read more news by the Middelburg Observer and check out our Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button