News

Bekende oud adjunkhoof neem eie lewe in Namibië

Daar is talle tergende vrae na die skokdood van ’n geliefde oud-onderwyser van Hoërskool Middelburg, mnr. Gert van der Westhuizen.

Mnr. Van der Westhuizen het homself Saterdagoggend op ’n plaas naby Otjiwarongo in Namibië met ’n jaggeweer geskiet.

Hy het onlangs by die skool afgetree as adjunkhoof en sy afskeid is drie weke gelede gehou.

Voor sy vertrek na Namibië het hy aan www.mobserver.co.za gesê dat hy ’n Namibiese plaas besit en daar gaan boer.

Dit het nou aan die lig gekom dat mnr. Van der Westhuizen nie ’n plaas in die buurland besit nie.

’n Polisieverslag wat www.mobserver.co.za bekom het, sê dat daar ’n argument op die plaas was en dat mnr. Van der Westhuizen homself Saterdagoggend geskiet het.

Die verslag meld egter nie aan wie die plaas behoort nie.

Een van die tergendste vrae is hoe die ander bewoners van die huis nie gehoor het toe mnr. Van der Westhuizen sy eie lewe geneem het nie.

Daar is vasgestel dat hy ’n boodskap gelaat het dat hy by sekere ’n plek gesoek moes word, waar hy die vorige dag teiken geskiet het.

Sy liggaam is egter, na wat verneem word, binne die huis gekry.

Teen vanoggend was daar nog nie begrafnisreëlings getref nie, alhoewel die skool Maandag oggend afgestaan het om die oud eerste span afrigter te eer.

Behalwe dat hy Hoërskool Middelburg se eerste span suksesvol afgerig het saam met mnr. Piet Bothma en onder andere die ou aartsvyand, HTS Middelburg, geklop het, het hy ook die Puma Cravenweek span afgerig.

Voordat hy by Hoërskool Middelburg aangesluit het, was mnr. Van der Westhuizen ’n onderwyser by Reynorif op Witbank, waarna hy sy eie restaurant besit het.

Hy was ook by die skool as “Chef” bekend.

Die Middelburg Observer publiseer in sy Vrydag uitgawe meer oor die voorval en Johann Gresse, wat jare as joernalis nou met mnr. Van der Westhuizen saaam gewerk het, lewer ’n huldeblyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button