News
Inbrekers steel naaimasjiene
Inbrekers het Dinsdagaand omkap- en naaimasjiene by ’n huis in Oleanderstraat (Kanonkop) gesteel.
“Ek dink iemand wil seker maar ’n besigheid begin,” het me. Annatjie Derwig pas aan www.mobserver.co.za gesê.
Die booswigte het die lapa, wat sy as naaldwerkkamer gebruik, se skuifdeur oopforseer. Daarna het hulle twee naaimasjiene en drie omkapmasjiene gebuit. Hulle het ook ’n staander, waarop al haar garing was, gevat.
Me. Derwig sê hulle en die polisie het die volgende dag nog parte van die masjiene en tolletjies garing in die tuin opgetel.
• Die waarde van die masjiene wat gesteel is, word op sowat R20 000 geraam.
Lees meer nuus deur die Middelburg Observer gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
