News

Video: Trane van blydskap toe bordeel toemaak

’n Bejaarde vrou wat vir jare langs ’n bordeel in Meyerstraat moes bly, het in trane van blydskap uitgebars toe die bou afdeling van die munisipaliteit ’n hofbevel bekom het om die huis toe te maak.

Susan van Achterbergh het talle male by www.mobserver.co.za kom aanklop om te kla oor die bedrywighede langs haar.

Sy moes keer op keer in mans se privaatdele vaskyk as hulle urineer en ook met die konstante geraas wat deur wilde partytjies gepaard gegaan het, saamleef. Huurders in haar woonstel, wat haar enigste bron van inkomste is, het keer op keer uitgetrek, omdat hulle nie met die rumoer kon saamleef nie.

Bouinspekteurs het verlede jaar ’n hofbevel gekry wat die eienaar van die huis Lettie dos Santos 30 dae gegee het om bedrywighede by die huis te staak, omdat dit bouregulasies oorskry het.

Toe sy nie aan die eerste hofbevel gehoor gegee het nie, is ’n uitsettingsbevel bekom.

Dit is laas week Vrydag bekragtig toe die munisipaliteit met behulp van Foto Sekuriteit, beslag gelê het op die meubels en inhoud van die huis en die deure gesluit het.

Lees meer nuus deur die Middelburg Observer gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button