Diewe ontsien nie gestremde kinders
Diewe en inbrekers ontsien nie oumense nie, nie kinders nie en ook nie behoeftiges nie.
Minder as twee ure nadat Bethesda, ’n toevlugsoord vir verstandelik gestremde kinders, se bus gesteel is, is dit naby Verena teruggevind.
Volgens mnr. Shane du Preez, huisvader/fasiliteitsbestuurder van dié huis vir gestremdes, bly hy op die perseel en het omstreeks 04:00 sy deur oopgemaak.
Hy het dadelik gesien die voorste hek staan oop en het gehardloop om te gaan kyk of alles reg is met die kinders.
Mnr. Du Preez is terug na die kamer waar die CCTV videomateriaal is en gesien dat die booswigte om 03:10 die kameras weggedraai het vanaf die hek.
Daarna het hulle die slotte geknip, die hekmotor buite aksie gestel en die hek van die spoor afgetel.
Hulle het die bussie se een kantvenster gebreek en mnr. Du Preez glo hulle het die voertuig uit gestoot, want hy bly naby die hek en het niks gehoor nie.
Lees verwante stories hier:
Toyota Cruiser vanoggend gesteel!
Me. Sandra Bezuidenhout (eienaar, Bethesda) het Cartrack in kennis gestel en die opsporingsisteem is geaktiveer. Cartrack het dadelik ’n helikopter die lug in gestuur
Kort daarna het Cartrack laat weet dat hulle die sein by Gemsbokspruit (Verena area) gekry het en een van hul voertuie het die bussie daar gevind.
Mnr. Du Preez sê die sisteem wys dat die voertuigdiewe op ’n stadium 157 km/p/h gery het met die bus.
Hy is ook in kennis gestel dat daar groot skade aan die bus is waar hulle die paneelbord uitgebreek het om by die drade uit te kom, om die voertuig aangeskakel te kry.
Hulle het ook panele uitgebreek opsoek na die opsporingsisteem.
• Hulle wil graag die polisie, Cartrack en Titon Sekuriteit bedank vir hul blitsige optrede.
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
