News

Dorp deur likkewane binnegeval

Moet nou nie jou Marble aflag nie!

Marble Hall word deur likkewane binnegeval!

Twee likkewane is in erwe op Marble Hall gevang, en ’n derde een is in ’n inwoner se tuin gewaar.

Mnr. Arthur Roden het reeds twee likkewane, beide meer as een meter in lengte, in Ranonkelstraat en Japonikastraat gevang. Hulle is by die Elandsrivier vrygelaat.

Hy het nog ’n oproep ontvang dat ’n derde likkewaan in ’n tuin gesien is, maar die likkewaan het reeds verdwyn met sy aankoms daar.

Lees verwante stories hier:

Slang in kantoor!

(Waarskuwing – Nie vir sensitiewe kykers) – Luislang spoeg rooibok uit!

Daar is twee spesies likkewane, naamlik die waterlikkwaan wat hoofsaaklik vis, krappe, mossels, klein soogdiere en voëleiers vreet.

Die landlewende likkewaan vreet klein soogdiere, voëls, ander reptiele, eiers en ongewerweldes soos die groot Achatina-landslak.

Mnr. Roden het Sondagaand ook ’n 89 cm pofadder by CVO Marmer Skool gevang, ’n 1,8 meter Mosambiekse spoegkobra in Marble Hall, en ’n 1,8 m boomslang in Dennilton.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button