News

Noekie sit soos ryk man op sy Limo

Elke hond kry sy dag - en ’n Jack Russel kry ’n Limousine.

Ontmoet vir Noekie, seker die enigste hond in die wêreld wat die “eienaar” is van ’n Limousine.

Noekie is die hond van Johan Minnaar van Sipresstraat in Middelburg.

Noekie verbeel hom hy is die eienaar van Johan se wit Limousine.

Noekie spring elke dag op die Limo se dak, vanwaar hy kordaat die wêreld bespied. Daar sit hy vir ure, pootjies bymekaar, salige uitdrukking op die gesig.

Lees verwante stories hier:

Slang in kantoor!

(Waarskuwing – Nie vir sensitiewe kykers) – Luislang spoeg rooibok uit!

Wanneer ander honde dit durf waag, om by hom aan te sluit, sit hy steeds ongestoord soos ’n ryk man met sigaar in die mond.

Besoekers word met ’n grom gewaarsku, dat hulle nie naby Noekie se Limo moet kom nie.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button