News

Slang in kantoor!

“Meneer, hier is iemand om u te sien”.

“Goed mevrou, laat hy maar binne seil.”

Dit is waarskynlik nie hoe ’n gesprek sou gegaan het by die Gromar skool op Marble Hall nie.

Dit was waarskynlik net: “Slaaaaaaang!”

’n Yslike pofadder het hom in die skoolkantoor tuisgemaak.

Die bielie van 89 cm is deur mnr. Arthur Roden by CVO Marmer gevang.

Loskop Alarms het hom na die skool ontbied, na een van die reaksie offisiere amper op die pofadder getrap het, gedurende ’n roetine ondersoek. (Mens kan net die wag se reaksie indink).

Die slang is naby die Olifantsrivier vrygelaat.

Die pofadder is een van Suid-Afrika se gevaarlikste slangspesies en is bekend om vinniger as wat die oog kan sien, te pik na hul prooi.

Mnr. Zack Saayman, ’n slangkenner en stigter van National Council of South African Reptile Rescue Units, sê dat die pofadder maklik uitgeken kan word as ’n kort, gesette slang met ’n driehoekige kop apart van die res van die liggaam en is geel tot grys-bruin met duidelike donker patrone en donker bande oor die stert.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button