Polisieman wou glo bewysstukke laat verdwyn
Vir Suid-Afrika staan Willem Oosthuyzen en Theo Jackson bekend as die “doodskistwee”. Vir Reanie Jackson en Chané Oosthuyzen is hulle geliefdes en die pa’s van hul kinders.
Die twee vroue het in ’n eksklusiewe onderhoud met www.mobserver.co.za vertel van die moeilike pad wat hulle stap en die spartel om kop bo water te hou.
Vir Chané en Reanie het die lewe drasties verander op 15 November, twee dae nadat hul mans hulself by die Blinkpan Polisiestasie gaan oorgee het.
Dit was die dag wat die twee vroue vir die eerste keer besef het dat hulle dalk vir ’n baie lang tyd sonder hul mans sal moet klaarkom.

Borg is geweier vir Willem en Theo wat teregstaan op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, ontvoering en regsverydeling. Hulle het Kersfees in die tronk spandeer.
Chané is met Willem getroud. Hulle het twee klein kindertjies waarvan die jongste net ses weke oud was toe haar pa gearresteer is. Haar oudste was 15 maande.
Theo se vrou Reanie se kinders is vier, vyf en agt jaar oud.
Sedert hul mans se arrestasie, voer die vroue ’n opdraende stryd om die pot aan die kook te hou, sonder hul mans se salarisse.
Lees vorige stories hier:
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Beide is kort na die voorval aan die lig gekom het, afgedank. Nie een van die vroue weet waar hulle die geld gaan kry om hul mans in die hof te laat verdedig nie.
Chané het op Facebook gevra dat daar skenkings in haar man se prokureur se trustrekening inbetaal word en het selfs begin om van hul huislike inhoud soos meubels, te verkoop.
Alhoewel die plaaslike gemeenskap, wit en swart, hulle goedgesind is en daar geen sprake van dreigemente op eie bodem is nie, sê die vroue dat hulle geteister word deur anonieme oproepe, soos die polisieman wat aangebied het om sleutel bewysstukke te laat verdwyn, in ruil vir geld.
Chané is ook voor die hof getreiter deur betogers wat haar vasgekeer en met poppe, opgehang aan ’n stok, voor haar gedans en daarna as die ‘Oosthuyzen kinders’ verwys het.

Sy beweer dat sy deur die Middelburg Polisie weggewys is toe sy probeer het om ’n klag van intimidasie na die voorval te lê. Polisiebeamptes het glo aan haar gesê dat hulle nie sake oopmaak teen die ANC nie.
Beide vroue se kinders moet sielkundige behandeling ontvang. Chané self het onlangs inmekaar gesak en is nou op medikasie.
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
