NewsBreaking News
Toyota Conquest sopas gesteel
’n Blou Toyota Conquest (registrasienommer FLG221MP) is deur die loop van die nag by Crown Court Woonstelle in Hoogstraat, Mineralia, Middelburg, gesteel.
Die voertuig het ’n duidelike stampplek voor op die enjinkap.
Me. Zelda Coetzer sê sy het omstreeks 23:00 gisteraand by die huis gekom en die voertuig voor die woonstelle gestop. Toe sy vanoggend opstaan, was die voertuig skoonveld.
As iemand die voertuig iewers gewaar, bel me. Coetzer by 082 506 9662.
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
