Honde-eenheid help soek na lyk
Die Middelburg Honde-eenheid was Dinsdag deel van die span wat die liggaam van ’n sesjarige seuntjie uit die Vaalrivier gehaal het wat verdrink het nadat hy gaan hengel het.
Klein Randy van Zyl het gedurende die naweek in ’n gedeelte van die Vaalrivier wat deur Rooikoppen vloei, ingeval.
Sy oom, mnr. Bazil van Zyl, het agterna gespring om hom te probeer help, maar het ook verdrink.
Lede van die Middelburg Honde-eenheid, sers. Leon Harrington en sy hond, Tarra, sers. Tinalia van der Merwe en haar hond, Vector en adj. André Smit en sy hond, Yeva, maak deel uit van die span wat sedert die verdrinkings onverpoos na die lyke gesoek het.

Hy het Maandag aan www.mobserver.co.za gesê dat die duikers op daardie stadium nie kon duik nie, omdat die rivier in vloed was en die watervloei te sterk is.
Die soektog is Dinsdag voortgesit en die seun se lykie gevind.
Hulle is op hierdie stadium nog op soek na mnr. Van Zyl se lyk.
• Die Mpumalanga polisie duikspan soek onverpoos saam met die honde na die oorskot.

• Standerton Advertiser joernalis, Antonette Keyter, het ’n onderhoud gevoer met die seuntjie se pa, Reginald
Scorgie, kort nadat sy kind se liggaampie na die oppervlak gebring is. Die video kan gesien word op hul webtuiste.
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
