News

Video: Hy ‘skiet’ voëls by rivier

Ontmoet Heinnie Prinsloo, die man met die lang kameralens in sy bakkie langs die Klein Olifantsrivier.

Hier is maar net ’n paar van die die voëls wat hy al deur sy Canon 1DmkiiN kamera met ’n Sigma 150-600 mm Contemporary lens afgeneem het.

Die Groenrugreier.

Hy vertel so ’n ietsie van elkeen:

• Die Witkeelswael. Heinnie sê hierdie is ’n algmene voël wat baie keer misgekyk word. Hulle is redelik volop langs die rivier en sit gewoonlik op droë riete en klippe langs die rivier.

Die Rooikeelbyevreter.

• Die Rooikeelbyevreter is vir Heinnie seker een van die kleurvolste voëls in die area. Met hulle bekende rooi kele maak hulle reg om die dorp nes in sandbanke met kolonies van partykeer vêr oor ’n honderd voëls wat bekend staan vir hulle astronomiese spoed en ratse akrobatiese draaie terwyl hulle goggas jag in die lug. Hierdie foto is ook teen die Klein Olifantsrivier geneem.

Die Witkeelswael.

• Die Groenrugreier sien ’n mens nie baie by die rivier nie, maar Heinnie raak baie opgewonde as hy hom wel daar kry. Hulle vang gereeld paddas en vissies teen die rivierbanke.

Die Kaalwangvalk.

• Die Kaalwangvalk. Volgens Heinie kry jy so hier en daar ’n roofvoël wat by die rivier verby kom en al die Kiewiete op hol jaag. Hy sien gereeld so vyf Kaalwangvalke oor die rivier vlieg.

Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer meer oor hoeveel spesies hy al langs die rivier geïdentifiseer en afgeneem het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button