News

Boef sien sy Moses toe slagoffer hom met krieketkolf bykom

’n OTM boef het sy Moses lelik teegekom Donderdagaand nadat een van sy amperse slagoffers hom met ’n krieketkolf bygekom het.

’n Ooggetuie het aan www.mobserver.co.za vertel dat die skelm die man se kaart probeer roof het by die Standard Bank OTM in OR Tambostraat.

Die man, wat die getuie ken maar nie wou identifiseer nie, het sy kaart gegryp en na sy kar gestap.

Intussen het die skelm op twee ander slagoffers toegeslaan, min wetende dat die man wat hy gepoog het om te roof, weer teruggekeer het met ’n krieketkolf.

“Hy het die boef ’n behoorlike loesing gegee,” sê die getuie.

Die skelm het gevlug na sy eie voertuig wat ook in die straat parkeer was.

Hy is egter agtervolg waarna die man ook een van sy motor se ruite uitgeslaan het met die kolf.

Die boef het hierna weggejaag.

Die storie is ook deur ooggetuies op Facebook gedeel, waar die man geloof is vir sy optrede.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button