Vier leerlinge van Hoërskool Middelburg in gru botsing
Vandag is ’n swart dag by Hoërskool Middelburg nadat vier van die skool se leerlinge betrokke was in ’n gru ongeluk digby Alzu op die N4.
Een van die leerlinge, Diederick Erasmus, is in die ongeluk oorlede nadat die voertuig waarin hy en sy drie maats gery het, bo oor hom gerol het.
Die ander drie leerlinge, tweeling susters Jessica en Monica de Lange, en die bestuurder van die voertuig, Dean de Beer, is almal in Life Midmed opgeneem na die botsing op ’n grondpad naby Alzu Petroport, waar hulle diesel en olie gaan ingooi het voor die ongeluk.
Die vier maats woon almal op plase in die omgewing.
Na wat verneem word het die enjinkap oopgespring wat Dean laat skrik en die stuurwiel van die Jeep laat pluk het.
Diederick het uit die voertuig geval, waarna die Jeep oor hom gerol het. Mnr. Johan Stronkhorst, skoolhoof van Hoërskool Middelburg, het die tragedie betreur en sê dat die skool die ouers en betrokke leerlinge in hul gebede hou.
• Die Middelburg Observer sal in die komende Dinsdag uitgawe in diepte oor die tragedie berig.
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
