Jong boer ‘ontsnap dood’ met 2 cm
’n Jong man van die Stoffberg distrik het ’n noue ontkoming met ’n blesbok gehad.
Johann Brits (18) het vertel dat hy en sy pa ’n blesbokram wou skuif van een kamp na ’n ander. Die bok het egter onverwags omgespring en teen Johann vasgehardloop.
Hy het eers later, toe hy probeer praat het, en voel hoe daar “wind op snaakse plekke uitblaas,” agtergekom dat een van die bok se horings hom in die gesig gesteek het.

By die hospitaal in Middelburg het dokters vir Johan vertel dat die horing deur sy wang en verhemelte tot tussen sy oogbank en slaap gesteek het. Sou dit twee sentimeter anderkant toe gewees het, sou hy moontlik nie bly leef het nie.
Johan het egter geen skade, behalwe vir snywonde opgedoen nie.

Hy is na twee dae se observasie uit die hospitaal ontslaan en is klaar weer terug op die wildsplaas waar hy werk.
Sy ma Magda het God geloof vir Sy genade en haar seun “’n lopende wonderwerk” genoem.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
