News

Luislang soos koeksister in draad vasgevang

Gaste wat die naweek by die Elandsrivier Lodge naby Marble Hall gekuier het, het behoorlik waarde vir hul geld gekry, toe hulle Maandag op ’n reuse luislang afgekom het wat in die wildsheining vassit.

Elandsrivier Lodge is bekend vir sy leeus, wat in kampe om die lodge loop, wat jou snags laat dink dat jy in diepste Afrika op safari is. Om boonop nog ’n luislang te vryf sonder dat hy jou wil byt, was ’n welkome bonus.

Gerrie Gerrits, eienaar van Elandsrivier, sê dat hulle op die slang afgekom het tydens ’n wildbesigtigingsrit.

Die reuse luislang het homself in die sifdraad van die wildsheining vasgekoek.

Die slang het probeer om deur die wildsheining te seil en halfpad deur die sifdraad gekom, voordat hy deur ’n elektriese draad geskok is wat hom laat besluit het om terug deur die sifdraad te probeer seil.

In die proses het hy homself soos ’n koeksister in die wildsdraad vasgewikkel.

Gaste en Marietjie gerrits het hand bygesit om die slang te help bevry.

Gaste het fluks hand bygesit terwyl mnr. Gerrits se vrou Marietjie soos ’n besorgde hoenderhen om die slang gekoek het om te kyk dat hy nie tydens die reddingsproses beseer word nie.

Hulle moes van die drade knip om die slang los te kry.

Daar is versigting getrek en gestoot tot die slang uiteindelik bevry is.

Toe was dit ’n geval van versigtig stoot en trek tot die slang ontkoek was en effe deur die weer van die elektriese skok maar sonder beserings, die langgras kon inseil.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button