News

Oud Middelburger vas nadat sy glo sluipmoord beplan

Die vrou wat Sondag naby Witrivier deur die Valke gearresteer is nadat sy na bewering ’n sluipmoord op haar man beplan het, het voorheen in Middelburg gebly.

Maria Ferreira (53) voorheen Marietjie Hepburn, is gearresteer nadat sy glo R20 000 aan ’n geheime agent van die polisie betaal het om haar man te vermoor.

Me Ferreira en haar man Carlos, is in Mosambiek in Ponta do Oura woonagtig. Hulle was in Suid Afrika om by vriende te kuier en me. Hepburn het na bewering met ’n man gereël om haar man dood te maak voordat hulle deur die grens terug huistoe sou gaan.

Sy was nie bewus dat sy eintlik met ’n polisielid praat nie en is gearresteer nadat sy die geld oorbetaal het.

Me. Ferreira het vandag vlugtig in die hof in Witrivier verskyn waar sy borg geweier is. Haar vorige man, Allen Hepburn, saam met wie sy vir ’n wyle in Middelburg gebly het, is in 2012 in Bronkhorstspruit vermoor.

Die polisie het nou besluit om met nuwe oë na die moordsaak te kyk. Me. Hepburn is na die moord ondervra maar nooit aangekla nie. Sy bly in aanhouding tot 27 Maart wanneer sy formeel om borg sal aansoek doen.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button