News
Ouma en tienerseun saam begrawe
Diederick Erasmus (17), wat verlede Donderdag dood is in ’n tragiese ongeluk op ’n grondpad saam met drie skoolvriende, sal saam met sy ouma, me. Rieks Fischer, begrawe word.
Me. Fischer het Sondag aan ’n hartaanval beswyk, nadat sy by die families wie se kinders in die ongeluk betrkke was, aangedoen het om medelye te betoon.
Me. Fischer en Diederick se begrafnis sal eerskomende Donderdag plaasvind vanuit die PPK Lofdal gemeente op die hoek van Meyer- en SADCstraat. Die diens sal om 11:00 plaasvind.
Die gesin bedank almal vir hul gebede en ondersteuning gedurende dié moeilike tyd waar daar afskeid geneem word van ’n tienerseun en sy ouma.
Vier leerlinge van Hoërskool Middelburg in gru ongeluk
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
