News

Nuwe sleepwa gesteel

’n Splinternuwe dubbelas sleepwa is gister in die vroeë oggendure uit ’n erf in Proteastraat (Kanonkop) gesteel.

Mnr. Phillip Vortsman sê hy het pas die sleepwa klaar gebou en dit was nog net op die besigheid se naam geregistreer, maar nog nie op ’n persoon se naam nie.

Die booswigte het by die bure se erf ingegaan en oor die muur na sy erf gespring. Daarna het hulle die sterk slot by sy hek oopgebreek en die sleepwa uitgestoot.

Die diewe het dié sterk slot heeltemal oopgebreek.

“Hulle het voorbereid gekom om daardie slot te breek, deur met spesifieke toerusting te kom!” het hy vies gesê.

Hy het genoem dat die booswigte net gekom het vir die sleepwa, want hulle het nie eers geraak aan sy grassnyer, wat buite gestaan het, nie.

• As enigiemand die sleepwa iewers gewaar, bel mnr. Vortsman by 076 280 2264.

• Die polisie het die gebreekte slot gevat om te kyk of hulle vingerafdrukke kan kry.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button