
Daar word gesê mens speel nie op Avbob se stoep nie, maar Middelburg se hoenders speel elke dag op KFC se stoep.
Met die geur van hoender wat hulle neusvleuels vul, pik-pik die hoenders rondom die dorp se KFC.

Daar word gespot dat die hoenders nie dapper is nie, maar net Streetwise.
Die hoenders het nou al ’n groot aantrekkingskrag geword en inwoners kekkel te lekker wanneer hulle die hoenders by KFC sien.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
