Skielike dood na bootreis
’n Geliefde helper by Kleuterskool Gansiekeur is verlede Donderdag dood in ’n ongeluk naby Pretoria.
Johanna Sindane (56) het vir nege jaar by Gansiekeur gewerk. Sy is onlangs deur een van haar vorige werknemers getrakteer met ’n bootreis om dankie te sê vir haar werk.
Dit was haar eerste keer op ’n vliegtuig. Sy het opgewonde vir haar mede-kollegas foto’s van die boot af gestuur en na die tyd van haar wedervaringe vertel.
Verlede Donderdag is Johanna na Pretoria vir ’n afspraak. Twee motors wat gebots het, het haar getref, terwyl sy langs die pad gestaan en wag het vir ’n taxi.
Die skool het Dinsdagmiddag vir haar ’n roudiens gehou. In ’n brief skryf die skoolhoof Hannelie van Dam die volgende:
“Gansiekeur se hart is seer en ons treur saam met die familie oor ons Hanna wat nie meer met ons is nie. Sy was vir baie van ons ’n vriendin, vir sommige ook ’n ma-figuur. Sy het haar Christelike beginsels oorgedra en uitgeleef. ’n Ware voorbeeld vir ons almal.”
Gansiekeur personeellede het ’n paar maande gelede een van Johanna se kinders se troue bygewoon. Hannelie skryf:
“Johanna was so proud that day. The pastor told us they are so happy so we sang and danced the whole day. But today we don’t feel like dancing. We are heartbroken. Johanna was at Gansiekeur for nine years. We loved her dearly and she loved us and our kids unconditionally.
Johanna believed in her Maker. She walked her life with Jesus. She preached for us and kept us on the straight and narrow. Prayer was her solution to any problem. We will dearly miss Johanna and she will always be in our hearts.”
Johanna laat haar man Paulos Pula Sindane asook ses kinders en 13 kleinkinders agter.
