News

Gestremdes nie eers deur inbrekers ontsien

’n Verdagte is laasnag gearresteer nadat daar ingebreek is by die Huis vir Gestremdes, asook die bekende “Groen Huis”-bordeel in Meyerstraat.

“Waarmee gaan ons daardie motorhuisdeur vervang? Ons het eenvoudig nie R6 000 om nou ’n nuwe deur op te sit nie!” het me. Karen Loesch (bestuurder van die Huis vir Gestremdes) moedeloos gesê.

Voetspore vanaf die groen huis se kant af na die gestremde huis is ’n aanduiding dat die boswig vanaf die groen huis se kant af by die erf ingekom het.

Van die artikels wat gesteel is, lê buite die stoor.

Die booswig het die veiligheidshek en motorhuisdeur, wat dien as die gestremde huis se stoor, oopforseer.

Me. Loesch sê sy weet nog nie wat gesteel is nie, aangesien hulle wag vir die vingerafdruk-eenheid.

VIDEO: Brothel ‘burns’ again

• Die polisie het gisteraand ’n verdagte by die groen huis gearresteer, nadat daar erge skade aangerig is om koperpype uit die krane te steel.

Die gestremdes het verdwaas teen die muur gesit en wag dat die polisie eers die ondersoek doen.

Dit is nog nie duidelik of hy positief verbind kan word met die inbraak by die gestremde huis se stoor nie.

Daar is aan www.mobserver.co.za gesê dat hy ’n Mosambieker is.

Hy sal later deur die dag in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button