News

Valhekrowers slaan toe by Montecasino

’n Egpaar van Middelburg is met pistole teen hul koppe by een van die land se “veiligste ontspanningsplekke,” Montecasino, beroof.

Me. Maryna Minie en haar man Lourens het die casino besoek om Lourens se verjaardag te vier.

Hul seun, Lourens, het uit eie ervaring, Montecasino aanbeveel weens die casino se goeie veiligheid.

Die egpaar het die oggend besluit om iets by Mall of Africa te gaan eet, maar Maryna sê sy het bang en onveilig gevoel, en Lourens by die Mall laat omdraai om eerder terug te gaan casino toe.

Ondanks die feit dat hulle ingeboek was by die Southern Sun, het hulle egter by die ander hotel, SunSquare ingedraai omdat die meeste restaurante daar geleë is.

Lourens sê hy het met hul rit terug casino toe ’n hilux bakkie agter hulle opgemerk wat hom gevolg het.

By die casino het die bakkie verby gery, maar ’n wit Audi A3, met drie insittendes, het agter hulle gestop.

Twee het uitgespring en die paartjie by die valhek, waar net een vrou in die kiosk aanwesig was, beroof.

Nadat die een rower Maryna se beursie en selfoon gegryp het, het Lourens voet in die hoek gesit en deur die valhek gejaag.

Daar was nêrens sekuriteitspersoneel te sien nie sê die egpaar.

Eers toe Maryna uit die kar spring in die parkeerterrein en histeries begin gil het, het sekuriteitspersoneel en casino personeel uitgekom.

Die casino moet nog kommentaar lewer oor die voorval, en het onderneem om hul standpunt rondom veiligheid op ’n latere stadium met www.mobserver.co.za te deel.

•Lede van die veiligheidspersoneel het aan die egpaar gesê dat verskeie ander casiono’s in die land onder die valhekrowers deurgeloop het.

.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button