News

Video: Skelms kruip in erf rond

Nuwe inwoners in Kanonkop het hul dood geskrik toe hulle op hul sekuriteitskameras moes sien hoe twee booswigte handeviervoet in hul erf rondkruip, terwyl hulle salig onbewus was daarvan in die huis.

Wilma en Mario de Jager het op Facebook gesê dat hulle nuut in Middelburg is en hul ouers, Jan en Wilma Goosen, se huis tydens die voorval opgepas het. Die Goosen egpaar is tans in Nieu-Seeland.

Op die video kan duidelik gesien word hoe twee mans die hek van sy spoor af tel. Hulle verdwyn dan vir ‘n rukkie en kom later al kruipende die erf in. Selfs as daar ’n buitelig aangaan, word hulle nie afgeskrik nie. Hulle kom egter sekondes later uitgestorm en verdwyn in die donker, vermoedelik toe ‘n tweede buitelig aangegaan het.

Die voorval het net na 02:00 plaasgevind.

Me. De Jager sê dat haar man die volgende dag agter gekom het iets skort toe hy sien die hek staan effe oop. Hy het toe na die videomateriaal gaan kyk.

Hulle het intussen hul alarm se buite sensors laat afhaal van die troeteldiervriendelike funksie sodat dit volgende keer selfs deur kruipende booswigte sal laat afgaan.

Met ‘n vorige voorval is daar twee vierwielmotorfietse gesteel toe die alarm af was omdat daar gaste by die huis was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button