News

Bakkie tref bees – slagoffers kla oor boer se houding

’n Egpaar wat vanoggend met hul werksbakkie ’n bees getref het op die Vandyksdrifpad, is ongelukkig oor die houding van die boer nadat hulle hom van die ongeluk in kennis gestel het.

Mnr. en me. Frikkie (60) en Mary Oosthuizen (60) was omstreeks 05:40 vanaf Middelburg na die Wescoal Myn onderweg, waar hulle as kontrakteurs van Resource Washing werk, toe ’n kalf sowat 25 km buite Middelburg, skielik in die donker voor die bakkie inhardloop.

Me. Oosthuizen sê haar man het gelukkig nie vinnig gery nie en is hulle nie ernstig beseer nie.

“Die bees het net uit die grasse uit oor die pad gehardloop. Ons het hom nie eers gesien nie!”

Hulle het navraag gedoen oor wie die eienaar is van die bees en hom gekontak.

“Hy het vir ons gesê hy is nie hier nie, maar sal iemand stuur. Die persoon het nie eers by ons gestop nie, maar verby gery en die ander beeste net gaan terugjaag.”

Die skade wat aangerig is aan die bakkie. Die Oosthuizen-egpaar het gelukkig nie beserings opgedoen nie.

Me. Oosthuizen het die boer konfronteer oor sy beeste in die pad, “maar hy wou nie erken dis sy bees nie en het ’n traak-my-nie-agtige houding gehad!”

Sy het verder uitgevaar en gesê dat sy nie kan glo “dat dit die houding is van ’n boer nie. As hy nie kan omgee vir sy medemens wat beseer is deur sy bees nie, hoe moet ons vir hóm omgee.

Ons almal bid vir die boere se veiligheid en dat hulle nie aangeval moet word nie, maar wat is hy nou beter as ’n plaasaanvaller wat ’n boer beseer het?”

Sy wou nie die boer se naam op hierdie stadium verstrek nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button