News
Grafiese foto: Inbrekers wis ons honde uit!
Inbrekers is besig om Middelburg se honde uit te wis! Veral Kanonkop het die laaste paar weke deurgeloop met die jongste gevalle in Koedoe- en Renosterstrate waar daar net in die afgelope week sewe honde vergiftig is.
Die inwoners in Koedoestraat het die nag gehoor hoe iets val in hul oprit en gehardloop om die gif te gaan optel.
Die honde het dit egter steeds ingekry en gevrek.
In Renonsterstraat was vele inwoners onrustig omdat hulle selfs booswigte op hul muurtjies sien sit het.
Van die mense het méér ligte by hul huise opgesit, maar dit het nie die gifstrooiers afgesit nie en is gif by twee huise gegooi.
By een huis kon gesien word hoe een inbreker selfs inloer in hul kinders se Wendyhuis, waar die dogtertjies bedags speel.
Teen vroeg die jaar is 120 honde al op die dorp vergiftig.
Video: Jakkals in dorp dood gery
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
