News

Bokke hardloop in dorp se strate rond

Mens sou nie die vrou kon verkwalik wat vanoggend in Wimpy aan haar koffie verstik het nie. Dit is mos nie elke dag dat jy ’n bok in jou dorp se strate sien rondhardloop nie...

Mens sou nie die vrou kon verkwalik wat vanoggend in Wimpy aan haar koffie verstik het nie. Dit is mos nie elke dag dat jy ’n bok in jou dorp se strate sien rondhardloop nie.

Twee blesbokke het in Walter Sisulustraat afgehardloop in die rigting van eMalahaleni. Dit is op die besige N11 roete wat na Loskopdam lei.

Soos hulle gevorder het, het die optoggie agter hulle ook aangegroei. Op sommige se gesigte was daar net een ding te lees: Vleis!

Ongelukkig het dit die taak van polisiemanne beduiwel om die bokke aan te keer. Sodra ’n polisieman die bokke rustig gemaak het, het iemand met vleislus nader gehardloop.

Die twee blesbokke het uiteindleik in ’n veld verdwyn langs die Aerorand uitbreiding.

Indien iemand die bokke sien bel asseblief vir Gerhard Rheeder by

0722483855. Hy is www.mobserver.co.za se joernalis aan diens die naweek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button