News

Spoegkobra by dominee gevang

’n Mosambiekse Spoegkobra van 1,2 m is Saterdag deur mnr. Arthur Roden by ds. Johan Koekemoer se huis op Marble Hall gevang.

Mnr. Roden het drie likkewane in drie weke by ds. Koekemoer se huis gevang, asook ’n Mosambiekse Spoegkobra van 1,3 m in sy tuin.

Ds. Koekemoer sê dat dit ’n belewenis is om te sien hoe mnr. Roden hierdie reptiele behandel.

“Die slange spoeg nie eers na sy rigting of maak hul koppe bak vir hom nie. Hy is ’n fenomeen om dop te hou en sal ek almal aanbeveel om van hom gebruik te maak wanneer ’n reptiel jou pes,” sê ds. Koekemoer.

Die Mosambiekse Spoegkobra is Saterdag sommer blitsig deur mnr. Roden gevang.

Mnr. Roden sê dat hy in die afgelope twee weke ’n luislang van twee meter gevang het, asook ’n Westelike Sandslang en ’n Bruin Huisslang in die Marble Hall omgewing.

Hy het al vier die reptiele by Quantum Leap Lodge vrygelaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button