News
Dit is tyd
Persone wat nie die “It is Time” byeenkoms van Angus Buchan in Bloemfontein kan bywoon nie, kan op dieselfde tyd gaan saambid by die Gebedsoond.

Persone wat nie die “It is Time” byeenkoms van Angus Buchan in Bloemfontein kan bywoon nie, kan op dieselfde tyd gaan saambid by die Gebedsoond.
Duisende mense gaan die byeenkoms op 22 April in Bloemfontein bywoon, waaronder ook honderde Middelburgers.
Daar is egter mense, soos bejaardes en persone wat moet werk, wat nié die byeenkoms sal kan bywoon nie.
’n Spesiale gebedsbyeenkoms ter ondersteuning van “It is Time” sal vanaf 12:00-14:00 by die Gebedsoond, agter die munisipaliteit in Walter Sisulustraat aangebied word.
Gebedstemas sal aangedui word.
Vir meer inligting bel past. Hansie Henning by 082 859 0055 of 082 925 8746.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!