Kinderarts van ‘rassisme’ op vliegtuig beskuldig
Kindarts dr. Alan Kok het sosiale media alweer aan die gons. Dié keer oor ’n beweerde rassistiese voorval verlede Vrydag op ’n vliegtuig, wat hy later uit eie keuse verlaat het voor dit opgestyg het.
Bykans 8 000 mense het reeds dié video, wat op Twitter versprei word, gekyk.
SOUTH AFRICA 👏🏻👏🏻👏🏻🇿🇦🇿🇦🇿🇦 my people are standing up for themselves!!!! ❤️🇿🇦👊🏻 pic.twitter.com/zA66feqosH
— Shazz (@Understoed_) April 11, 2017
Op die video kan die vlieënier gesien word wat me. Nthabi Sibanda en haar man te woord staan op ’n vliegtuig van FlySafair by die OR Tambo Lughawe.
Die Sibanda egpaar was op pad na ’n begrafnis in Port Elizabeth en het klaarblyklik kort vantevore met dr. Kok in ’n argument betrokke geraak.
https://twitter.com/jacquirainers/status/852041688922992641?ref_src=twsrc%5Etfw&ref_url=http%3A%2F%2Fwww.timeslive.co.za%2Flocal%2F2017%2F04%2F12%2FWATCH-Man-gets-off-flight-after-alleged-racist-altercation1
Daar is beweer dat dr. Kok die man ’n “asshole” genoem het. Toe die persoon vir hom sê dat dit onaanvaarbaar is, het hy hierop blykbaar gesê: “julle mense is almal dieselfde.”
Op die video vra me. Sibanda se man wat dit dan beteken en dat die vlieënier almal op die vliegtuig kan vra daaroor.
Die vlieënier het met dr. Kok probeer praat, maar me. Sibanda het hom in die rede geval.
Sy het gesê dat hy (die vlieënier) wetlik verplig is om passasiers veilig te hou en dat sy nie veilig voel in die lug met dié soort aggressie nie.
Lees vorige berigte oor dr. Kok hier:
• Video: Dokter met mes gesteek
Dr. Kok het ontken dat hy enigiemand gedreig het, maar me. Sibanda het aangehou en herhaal dat dr. Kok haar man ’n “asshole” genoem het en hom ook gedreig het deur te sê: “I’ll bliksem you!”
Dr. Kok het einde ten laaste opgestaan en gesê: “We will get out of the way‚ thank you very much. We will get off the plane‚” wat met ’n luide handegeklap van die ander passasiers beantwoord is.

• Saam met dr. Kok was sy vriendin, Chantal Niemandt. ’n Mens kan duidelik hoor dat hy van haar melding maak as sy “vrou”. Me. Niemandt het saam met hom opgestaan en uitgestap.
• www.mobserver.co.za het vanoggend dr. Kok op sy selfoon gebel om sy kommentaar oor die voorval te kry.
’n Vrou het geantwoord en gevra waaroor daar met dr. Kok gepraat wil word.
Daar is aan haar verduidelik dat dit gaan oor die video wat op sosiale media versprei word. Sy het net gesê “hy bestuur” en daarna gegroet. Die joernalis het gevra dat dr. Kok moet terugbel, maar tot op hede het hy nog nie op die navraag gereageer nie.
Daar is ook ’n WhatsApp boodskap vir dr. Kok gelos. Die boodskap is gelees, maar nie beantwoord nie.
