NewsBreaking News

(Nuuste inligting) – Nuusflits: Gewapende roof in Longtomstraat, Dennesig

Gewapende mans het ’n Dennesig inwoner met vuurwapens gedreig tydens ’n rooftog Donderdagoggend.

Nuuste inligting 12:00:

Daar is verneem dat ’n tuinman in die omgewing ’n dubbelkajuit bakkie met twee mans voor ’n huis in Longtomstraat sien stop het. Die mans het die motorhek van sy spoor af getel voor hulle die erf in is.

Kort daarna het hulle met die bussie uitgery gekom.

Die tuinier kon hoor hoe hulle vir mekaar sê “Let’s go! Let’s go!” voordat hulle wegjaag.

Nuusflits: Gewapende roof in Longtomstraat

Polisie is tans op die toneel en inligting rondom die voorval is skraps. Dit het om en by 10:30 gebeur.

Na wat verneem word het ’n inwoner in Longtomstraat niksvermoedend op rowers afgekom het terwyl hulle by sy buurman se huis besig was.

Die rowers het hom met vuurwapens gedreig en hom beveel om in sy huis in te gaan. Boewe het huisinhoud in ’n voertuig gelaai en gevlug.

’n Ford bussie met die registrasie nommer CYR 767 L asook ’n silwer Toyota dubbelkajuit bakkie word in verband met die voorval gesoek.

Die mans word as gewapen en gevaarlik beskryf. Indien jy die voertuig gewaar, rapporteer dit aan die polisie of Middelburg 911 of die GPF.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button