NewsUpdate

Opvolg: Rowers stroop polisieman se huis

Ons het pas met adj. Wimpie Botha (van die Polisie se veediefstaleenheid) gepraat by wie daar sowat ’n uur gelede in Longtomstraat ingebreek en sy voertuig, ’n Ford Bus, gesteel is.

Volgens adj. Botha was hy besig met ’n ondersoek in Belfast, toe sy buurman hom bel en van die inbraak verwittig.

Die buurman, asook ’n tuinman wat in die omgewing gewerk het, het vertel dat ’n silwer Toyota Hilux bakkie voor adj. Botha se huis gestop en toeter geblaas het.

Die voertuig het so ’n rukkie gestaan en daarna weggery.

Minute later het die voertuig teruggekeer en die tuinman het opgemerk dat hulle op ’n stadium die sekuriteitshek oopskuif en in trurat by die erf van adj. Botha inry.

Die buurman het ook onraad vermoed en is na buite, waar hy twee booswigte opgemerk het. Hulle het egter ’n vuurwapen op hom gerig en vir hom gesê hy moet by die huis ingaan, of hulle gaan hom doodskiet.

Hy het dadelik adj. Botha, die polisie, asook Middelburg 911 en Gemeenskapspolisiëringslede in kennis gestel.

Almal was binne minute op die toneel, maar die inbrekers was reeds weg.

Adj. Botha sê een van hulle moes oor die heining geklim het om die versterkte toestel oor sy hekmotor oop te breek, sodat hulle die hek kon oopstoot.

Daarna het hulle die veiligheidshek en deur oopforseer om toegang tot die huis te verkry.

Lees vorige storie hier:

Nuusflits: Gewapende roof in Longtomstraat

Adj. Botha sê hy is nog besig om ’n lys op te stel om te bepaal wat alles gesteel is. Op hierdie stadium vermis hulle al drie televisiestelle, juweliersware, ’n videokamera en skootrekenaar.

Die inbrekers het beide sy en sy vrou se hangkaste se klere uitgegooi om by die kluis uit te kom. Daarna is hulle na buite om waarskynlik iets te kry om die kluis oop te breek, waar die buurman hulle gekonfronteer het.

Adj. Botha vermoed dit het hulle laat skrik, waarop hulle kort daarna met ook sy Ford Bus gevlug het. Hy het die voertuig twee weke gelede gekoop. Die waarde van die gesteelde voertuig is R330 000.

• Hy glo dit is dieselfde groep wat in Oktober 2016 hul huishulp in die huis oorval en met wapens aangehou het. Daar is ’n duvet oor haar kop gesit en sy moes in een van die kamers gaan lê. Tydens dié voorval is ook verskeie huisware gesteel.

Interessant om te meld dat dié rooftog omstreeks dieselfde tyd ook plaasgevind het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button