News
Oud-HTS leerling sterf in mynongeluk
’n Oud-leerling van HTS Middelburg, Antonie Dumas (26) het verlede week in ’n mynongeluk by die Goedehoop Myn gesterf.
Hy was deel van Anglo American Coal se Proto Dienste en hulle was besig om ’n silo skoon te maak, toe daar steenkool op hom geval het.
Mnr. Dumas het in 2010 matrikuleer aan HTS Middelburg en was welbekend as die gelukbringer by dié skool wat die rooibul pak gedra het vir die Rooies.
Sy vrou, Lesley-Anne, met wie hy net vier maande getroud was, sê hy was haar beste vriend en sielsgenoot.
• ’n Gedenkdiens word Maandag om 14:00 uit die NG Kerk Middelburg Suid, gehou.
• Die volledige berig kan gelees word op die voorblad van die Middelburg Observer se Vrydag uitgawe (21 April).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
