News

Delila en die dominee

Die Gereformeerde Kerk van Groblersdal slaan links en regs vure dood, nadat die kerk se predikant, ds. Lourens du Plessis, se warm WhatsApp gesprekke met ’n prostituut aan die lig gekom het.

Ds. Du Plessis het eers die Delila se uurlikse tariewe gevra, voordat hy gesê het R250 vir 60 minute klink goed, en daarna gevra het in watter area sy bly.

Die vrou het vir hom gesê dat sy in Pretoria, Marble Hall en Groblersdal sake doen, waarna hy haar gevra het vir ’n gesigfoto.

Ds. Du Plessis ontken egter dat die lus sy goeie oordeel as herder oortref het en sê hy word afgepers.

Hoe en met wat wou hy egter nie sê nie.

Die gesigfoto of selfie wat hy na die prostituut se foon gestuur het, is glo met behulp van ’n vreemde man by ’n plaaslike vulstasie geneem vroeër die dag.

Ds Lourens du Plessis.

’n Nood kerkraadsvergadering is belê en die hele onsmaaklike affêre is ook Sondag aan die gemeente blootgelê.

Ds. Du Plessis het laat verlede week ’n saak by die polisie gaan lê.

• Die skandaal volg kort op ’n soortgelyke afpersery in Middelburg. Jotinus Herbst, sy 72-jarige oom Mathys de Beer, en ’n paar Facebook vriende van Jotinus het in dié afperser se strik getrap.

’n Vrou genaamd Crown Smith Smith het vir Jotinus ’n vriendversoek op Facebook gestuur.

Toe hy haar aanvaar het sy stelselmatig haar pad teen sy vriendelys afgemaak en met die mans begin gesels.

Sy het hulle hierna ook op WhatsApp begin treiter en gesinsfoto’s wat sy van die mans se Facebook profiele afgehaal het, vir hulle gestuur met aangehegte foto’s van manlike geslagsorgane.

Sy dreig dat sy die foto’s op ander sosiale media platforms ook sal versprei indien die mans nie R1000 vir haar by PEP of Shoprite gaan oorbetaal nie.

Nie een van die mans het hiervoor geval nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button