News

Dief wurm deur diefwering

’n Dief het homself deur ’n venster se diefwering gewurm om by ’n skootrekenaar uit te kom, “Ek weet nie hoe het hy daar deurgekom nie!” het mnr. Dries Stoltz verstom gesê.

Bure het omstreeks 12:40 Dinsdag op die Zello-kanaal geroep en gesê dat daar by die mense agter hulle in Samora Machelstraat (mnr. Stoltz se huis) ingebreek word.

Mnr. Stoltz sê die lede van Hawk Sekuriteit was binne vier minute by die huis vandat die alarm afgegaan het, maar die dief het reeds weer deur die diefwering gevlug.

Die sekuriteitsmanne, asook mense in die omgewing het die booswig agterna gesit en in die proses het hy die skootrekenaar neergesmyt. Dit is onherstelbaar beskadig.

Na die inbraak het hulle gesien dat daar ook by die huis langsaan, waar mnr. Stoltz se suster, Sorina van der Walt, bly, ’n venster gebreek is. Daar is egter niks gesteel nie.

• Mnr. Stoltz wil graag die span van Hawk Sekuriteit, asook almal wat die dief probeer vang het en alarm gemaak het, van harte bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button